Jaarboeke

Interdissiplinêre studies in Afro-Europese verhoudinge 805


 
Modulekode AKV 805
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud (NB In oorleg met die betrokke mentor in die student se gekose spesialiseringsveld.) Veld 1: Narratiewe, visuele wêrelde, simboliese ruimtes. Hierdie veld handel oor die stories wat mense hulself vertel om sin te maak uit hulle bestaan, sowel as die simbole en verbeelde voorstellings van die werklikheid. Dit lei tot ’n kritiese herevaluasie van waarheidgewende prosesse. Mentore: Prof Amanda du Preez (Visuele Kunste), Prof Fraser McNeill (Antropologie). Veld 2: Sosio-historiese dinamika. Hierdie veld handel oor die chronologie en die dinamika van (mags)verhoudinge, kontak, kontra-kontak en die effek daarvan. Dit kan sosiologiese, politieke, historiese en ander benaderings tot hierdie dinamika insluit. Mentore: Prof Alois Mlambo (Historiese en Erfenisstudies), Prof Janis Grobbelaar (Sosiologie) Veld 3: Afro-Europese verhoudinge wat ons oortuigings en waardes onderlê. Hierdie veld kan studies insluit van die geskiedenis van menseregte in Afrika, van gender-, klas- of ras-gedrewe norme, van hoe sulke norme en tradisies verander, hoe ons “ons” norme vir onsself voorstel, hoe norme gekodifiseer word en wat dit is wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Mentore: Prof Karin van Marle (Philosophy of Law), Prof Dirk Human (Religion Studies) Veld 4: Politieke konstruksies. Hierdie veld verwys na politieke, private, en mark-instansies op gemeenskaps-, nasionale, inter- en transnasionale vlakke. Dit verwys na die kulturele praktyke en gewoontes van agentskap, na hoe mense dinge laat gebeur, hoe om gewoontes en sosiale handelinge te hanteer, hoe mag of verteenwoordiging geskep, georganiseer, versprei en ondermyn word. Mentor: Prof Maxi Schoeman (Politieke Wetenskap) Veld 5: Tale, kulture, vertalings. Hierdie veld verwys na spesifiek taal-geöriënteerde benaderings tot die dinamika van Afro-Europese verhoudinge en werk met “taal” as betekenismakende meganisme naas blote kommunikatiewe vaardighede. Mentore: Prof Russel West-Pavlov (English), Prof Willie Burger (Afrikaans).
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd bepaal deur Veld Mentor
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Moderne Europese Tale
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences